Waar ons elke kind help om hulle volle potensiaal te bereik.

Welkom by Heeltyd Speeltyd
Kleuterskool, Graad R En Nasorg
Heeltyd Speeltyd is in Oktober 2012 gestig. Die hoofdoel van die kleuterskool is om ‘n veilige hawe vir kinders te skep waar hulle gelukkig en geborge kan voel. Omstandighede by die huis mag dalk nie altyd ideaal wees nie, maar die skool sal altyd ‘n plek van liefde, sekuriteit en ondersteuning wees, waar elke kind met ope arms ontvang word. Ons doel is om kinders volgens hulle potensiaal tot die maksimum te ontwikkel. Elke kind se vaardighede, intellek en potensiaal verskil, maar dit bly die skool se verantwoordelikheid om elke kind te stimuleer deur gebruik te maak van die regte opvoedkundige benadering.

Uit die pen van ‘n eienaar
Ek is Aletta Janse van Rensburg, eienares van Heeltyd Speeltyd Kleuterskool, Graad R & Nasorg in George. Ek en my man, Hennie, het twee kinders, Henco en Minke.
Ek is ongelooflik dankbaar dat my lewenspad my gelei het om met kinders te werk. Dit verryk my as mens en leer my elke dag van hoop, vrede, onvoorwaardelike liefde en geduld. Al is daar uitdagings, hanteer ek elke situasie met groeiende insig en begrip. Heeltyd Speeltyd gaan nie oor die status van ouers nie, maar oor die belange van elke kind. Ek wil oor ‘n paar jaar terugkyk op my lewe, dink aan elke kind wat deur Heeltyd Speeltyd se deure geloop het en weet dat ek ‘n verskil gemaak het in elkeen se lewe.
My sienswyse en menswees is eerlikheid en daarom kan ouers altyd deursigtigheid en eerlikheid verwag wat hulle kinders betref. My woorde en dade is nie leë beloftes nie, maar word gevolg deur daadwerklike optrede. Ek werk hard om van die skole ‘n sukses te maak reeds omdat ek so ‘n groot passie het om ’n verskil in elke kind se lewe te maak.
As ‘n ouer van ‘n gestremde kind, het ek alreeds vroeg in my lewe geleer dat “nobody promised you a rose garden”. Dit is een van die redes waarom moeilike situasies nie die mat onder my voete uitruk nie en leer elke situasie my om net harder te werk en nie moed te verloor nie.
Ek glo dat geen twee kinders dieselfde is nie en daarom kan hulle nie in boksies geplaas word nie. Elke kind verdien ‘n plekkie in die son en het unieke gawe wat hy met die wêreld kan deel.
My Downie het my geleer van nederigheid, onvoorwaardelike liefde en aanvaarding. Sy is vir my ‘n seën en ek leer daagliks by haar. My seun toon respek teenoor sy medemens. Hy gee tans skool in China en is onvoorwaardelik lief vir elke kind wat oor sy pad kom.
My gesin is my lewe, hulle ondersteun my en verstaan wanneer die skole soms meer van my tyd vat, want saam met dit weet hulle dat dit net ‘n seisoen van groei is.
Ek besef elke dag is slegs Genade van Bo, leef nie in roem nie en bid baie vir die regte woorde in moeilike situasies.
Ek is Aletta en elke kind het ‘n plekkie in my hart!

Die opvoedingsdoel by Heeltyd Speeltyd is om die opvoedkundige vordering van elke kind te ondersteun en te bevorder. Om evaluasie oop, deurlopend en saambindend te maak. Om effektiewe werk te laat plaasvind en deur alles wat gedoen word, waarde te heg tot die kind se groei en ontwikkeling.
Ons het ’n akademiese hoof by ons kleuterskool afdeling. Sy gaan elke Vrydag die volgende week se beplanning deur om seker te maak dat alle aktiwiteite voldoen aan die ELDA kurrikulum en dat alle aktiwiteite ouderdom gepas is. Sy doen ook daagliks klasbesoek sodat sy elke kind se vordering kan monitor. Sy is ’n opgeleide remediërende onderwyseres, so ons kan vinnig kinders wat ’n bietjie ekstra ondersteuning nodig het, identifiseer en ’n plan van aksie in plek kry.
Ons het twee keer ’n jaar een tot een ouervergaderings waar elke kind se vordering met ouers bespreek word.
Die ander 2 kwartale ontvang die ouers formele assesseringsverslae van hulle kinders.


Skool ure is as volg:
Maandae - Vrydae
6:45 - 17:15
Ons is oop deur skoolvakansies en is slegs gesluit op publieke vakansiedae sowel as 'n klein gedeelte van die Desembervakansie.

Ons verskaf ook ontbyt,
middagete en ‘n 15:00 broodjie.
Ons middagetes is gebalanseerde etes wat elke dag vars voorberei word vir die kinders.
Ouers pak slegs ’n kosblikkie vir 10:00.

Assessering van emosionele en sosiale ontwikkeling asook fyn- en grootmotoriese ontwikkeling, kommunikasie en sosiale vaardighede en vaslegging van wiskunde konsepte en woordeskat word gereeld bespreek en ouers ontvang deurentyd terugvoering aangaande vordering.

Ons leeraktiwiteite bevorder en ontwikkel sosiale, emosionele, fisiese en kognitiewe vaardighede.
Die onderwyseresse het almal 'n ECD Nasionale diploma (Vlak 5 of 6). Die meeste van die assistente is ook ECD gekwalifiseerd. Almal het 'n liefde en passie om met die kinders te werk.
Al die klasse het 1 of 2 assistente.

Heeltyd Speeltyd bestaan uit 4 persele.
Die funksie van elke skool is om kinders volgens hulle spesifieke ouderdom in die regte klas in te deel.

Skool 1 - Meadestraat 47
Baba’s tot en met die 4 jariges.
Skool 2 - Meadestraat 56
Nasorg vanaf Gr 1 tot 7
Skool 3 - Laingstraat 40
Graad RR & R
(ons is ook geregistreer by die
Onderwysdepartement.)
Skool 4 - Laingstraat 42
Baba’s tot en met 4 jaar.
Ontmoet ons span

GALLERY
kontak ons
Heeltyd Speeltyd Kantoor
083 280 5682
Aletta Janse van Rensburg – Eienares
083 726 1809
Elrie van Wyk – Admin
083 774 6484















































